Blog > ’n A+ vir daai bal wat terugwip

’n Lékker (soos in vol en vervullende) lewe hang af van drie dinge – houding (jy kan jou reaksie kies), bewustheid (kyk na jou omgewing asof jy dinge vir die eerste keer sien) en opregtheid (laat jou handel en wandel ooreenstem met jou waardes). Só sê die skrywer en spreker Neil Pasricha, wat mense help om professionele en emosionele uitdagings beter te hanteer.

Ons sal waarskynlik almal saamstem dat die pandemie ons geleer het daar nog iets moet bykom: aanpasbaarheid.

Aanvaar verandering. Verwelkom dit selfs. Moenie paniekerig raak nie. Leer om op jou voete te dink. Moenie net probleme raaksien nie, soek ook nuwe maniere van doen en wees op die uitkyk vir praktiese oplossings. Sien die leemtes raak en doen iets daaraan. Wees soos daai bal wat terugwip. Wees onverskrokke, buigsaam en plooibaar.

Lékker = houding + bewustheid + opregtheid + aanpasbaarheid

Hoe werk hierdie vergelyking in sakekommunikasie?

In ’n wêreld waar verandering die enigste konstante is, kan hoe, waar en wanneer jy met jou personeel, kliënte en ander belanghebbers praat jou help floreer. Dit kan die verskil wees tussen die maak of breek van ’n situasie.

  • Lékker kort konteks
    Wanneer jou onderneming wil spog of nuus aankondig, intern of ekstern, is die konteks oor waarom die nuus merkwaardig is, belangrik. Onthou dat ander mense nie noodwendig dieselfde agtergrondkennis het nie. Beantwoord hierdie vrae om jou wonderlike nuus oor te dra – Wie? Wat? Waar? Wanneer? Waarom? Hoe?
  • Houding beïnvloed gedrag
    Kommunikasie kan mense inspireer en nuwe houdings kweek of bestaandes aanvuur. Goeie kommunikasie laat uitdagings in geleenthede verander en vestig of verander gedrag. Dit gebeur natuurlik nie in isolasie nie. Gebruik ook die regte tyd en die regte benadering.
  • Bewustheid voor aksie
    Wees proaktief en let op wat in die bedryf aan die gang is wat moontlik ’n impak op jou belanghebbers (personeel, kliënte, verskaffers) kan hê, soos nuwe wetgewing, regulasies en selfs covid-inentings. Wie moet jy inlig, wat is die kern van die boodskap en watter formaat sal die beste vir hulle werk?
  • Opregtheid wys jou waardes
    Dit is belangrik dat jou aand- en môrepraatjies ooreenstem om dinge eties en wettig te hou. Kommunikasie is kompleks, want nie net vra verskillende situasies verskillende metodes nie – ons kommunikeer ook deur hoe ons optree.
  • Aanpasbaarheid word ’n anker
    ’n Mens hoor dikwels Albert Einstein het gesê dis malligheid om iets op dieselfde manier te bly doen, maar dan ander resultate te verwag. Dis dikwels nodig om terug te staan eerder as om aan te karring soos elke vorige jaar. Doen voorraadopname: Is julle personeel werklik ingelig en aangevuur ná die induksieprogram? Spreek julle eksterne kommmunikasie van gehalte en sorg? Bereik julle interne kommunikasie die regte doelwitte? IS daar ooit kommunikasie?

 

Moenie net die blokkies afmerk nie. Voeg sin en betekenis by rede en strategie!

Laat ons span kreatiewe kommunikasiekenners en -beplanners help om julle onderneming se doelwitte en resultate te bereik. Laat ons doelgerigte kommunikasie skep wat iets beteken en wat ’n verskil maak.

Dié kernkonsepte kan ’n gemiddelde jaar in iets besonders omskep en dit hier kort voor die tweede helfte steeds een maak wat ’n A+ verdien!

Vernita

Leave a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

JONGSTE PLASINGS

Power_of_planning-opt

Die verskil wat doeltreffende beplanning (kan) maak

Duidelike en haalbare doelwitte is noodsaaklik vir sukses, hetsy in ’n persoonlike of sakekonteks. Hoe sal jy anders weet in...
tablet-626090_1280

Werk jou webwerf steeds nie op tablette en slimfone nie?

Jou webwerf praat dikwels namens jou onderneming – dis die gesig by die deur wat kliënte verwelkom en die gesprek...
communication consultancy that specialises in content strategies, copywriting and information design

Hoe om geloofwaardige stories oor jou onderneming te vertel – en waarom jy moet

’n Goeie storie gryp ’n mens se verbeelding aan en praat met jou emosies. Dit kan sensasie opwek of lojaliteit...
communication consultancy that specialises in content strategies, copywriting and information design

Kommunikasie kan ’n kopskudstorie wees – hoe maak mens?

Dis normaal om soggens op pad werk toe te sien hoe bestuurders gebaretaal gebruik as protes teen mede-padgebruikers se slakkepas...
communication consultancy that specialises in content strategies, copywriting and editing, information design, as well as connection training

Op hete kole is goed vir ’n tjoppie, maar nie so goed vir sakebesluite nie

Wat kan Braaidag ons leer oor produkposisionering? In Suid-Afrika vier ons op 24 September ons land se unieke kulturele diversiteit....

Maak Kontak

WhatsApp us
+27 82 824 8440

Volg ons op