Wat ons DOEN

Ons is kundiges wat ons bedryf verstaan. Ons speel volgens die reëls, maar dink met vlerke. Ons skep inhoud en kommunikasiemateriaal wat inspireer, boei en verhoudings bou en versterk.

 Ons gebruik ons taalkundigheid en agtergrond in beeldbemarking om relevante en toeganklike inhoud vir spesifieke gehore te skep. Ons ontwikkel strategieë, skryf kopie en skep visuele ontwerpe wat ons kliënte help om inligting optimaal te gebruik en oortuigende stories te vertel.

Strategic planning

Strategiese beplanning

Die aandagspan van die gemiddelde moderne gebruiker is net ’n paar sekondes. Dit beteken tyd is geld – nou, meer as ooit. Ons help slim planne uitdink en identifiseer die beste kanale vir beeldbemarking wat teikenmarkte se aandag trek en behou.

  • handelsmerkontwikkeling en -posisionering
  • bemarking en kommunikasiebeplanning
  • (sosiale)mediabeplanning en -bestuur
  • marknavorsing en opnames
Content Writing

Inhoud

Ons weet hoe om ’n boodskap vir ’n spesifieke teikengehoor te laat praat. Mense lees nie meer soos voorheen nie. Hulle vluglees. Hoe kry ons hulle geïnteresseerd? Deur slim en oorspronklike inhoud wat mense bybly. Deur raakvat-teks en treffende beelde. Deur iets nuuts aan te bied. Deur met mense te praat in die taal van hulle keuse.

  • inhoudskepping
  • taalversorging
  • vertaling
  • proefleeswerk
  • eenvoudige taal
Content Writing

Ontwerp

Hoe maak ’n mens iemand bewus van iets? Mense gee aandag aan goed wat mooi lyk. Hulle hou van sterk beelde. Iets wat maklik lees. Vinnig toegang gee tot die inligting wat hulle soek. En inligting in verteerbare happies. Hulle sien net raak wat goed voorgestel word. Goed verpak. Maklik om te navigeer. Ons laat ons kliënte goed lyk en klink.

  • grafiese, kreatiewe en inligtingontwerp
  • konsepontwikkeling en -implementering
  • inligtingstrukturering
  • vereenvoudigde inligting en infografika
  • webbladontwikkeling en -bestuur
Lemonade Hub Icon

Ons professionele diens is geskoei op jare lange kennis en ervaring. Die basis van ons strategieë, inhoud, ontwerpmateriaal en vaardigheidsopleiding is stewig en bedryfsverwant.