WIE ons is

Ons sê wat jy bedoel

Ons bedoel wat ons sê

Lemonade Hub is ’n span kundiges met wye bedryfservaring. Ons kombineer dekades se ervaring in korporatiewe en bemarkingskommunikasie en -opleiding, vertaling en taalversorging met ’n soliede akademiese agtergrond in joernalistiek, visuele ontwerp, bedryfsielkunde, bemarking en taalstudies.

Ons bied ’n breë spektrum van kundigheid en kreatiwiteit wat ons kliënte treffende boodskappe help oordra. Ons kommunikasie-, media- en inhoudstrategieë bly vars, koersvas en relevant. Ons gee ook interne opleiding wat die teikenspan se insig, vaardighede en kennis verbreed.

Ons sny deur die geraas en verskaf kommunikasie-oplossings wat werk.

In ons begrotingsbewuste wêreld waar die eindresultaat belangrik bly, is diensverskaffers wat oordeelkundig en koste-effektief kan werk en onbetwisbare waarde toevoeg onontbeerlik. Wat ons doen, doen ons goed.

Ons span is doelgerig en aanpasbaar, het ’n oog vir detail en wéét van teikendatums. Ons praat reguit, maar hou dit eenvoudig en interessant. Ons is eties, opreg en kreatief. Ons is probleemoplossers met ’n fokus op gehalteteks wat lesers nie aan die raai hou nie – insig en impak in meer as vyftig skakerings.

Ons laat ons kliënte goed lyk en klink sonder om die kern van die boodskap te verloor. En ons oordink alles skerpsinnig en strategies. Vir ons gaan dit oor substansie eerder as vere en dons.