WIE ons is
"Lemonade Hub verskaf kommunikasie-oplossings wat ons kliënte bepaalde doelwitte en resultate help bereik. Ons skep en vorm kommunikasiemateriale wat teikengehore werklik bereik en verseker dat hulle die boodskap verstaan."
Amelia Burger, direkteur
Ons sê wat jy bedoel
Lemonade Hub is ’n span kundiges met wye bedryfservaring. Ons kombineer jare lange ervaring in korporatiewe en bemarkingskommunikasie en -opleiding, vertaling en taalversorging, en het ’n soliede akademiese agtergrond in joernalistiek, visuele ontwerp, bedryfsielkunde, bemarking en taalstudies.
Ons benut hierdie breë spektrum van kundigheid en ons kreatiwiteit om die geraas uit te skakel en jou te help om jou boodskap oor te dra. Ons kommunikasie-, media- en inhoudstrategieë bly vars, koersvas en relevant. Ons gee ook interne opleiding wat die teikenspan se insig, vaardighede en kennis verbreed sodat die geahalte van jou kommunikasie, spanwerk en verwante areas opgebou en onderhou word.
Ons bedoel wat ons sê
In ’n wêreld waar die eindresultaat belangrik bly, is diensverskaffers wat oordeelkundig en koste-effektief kan werk en onbetwisbare waarde toevoeg onontbeerlik. Wat ons doen, doen ons goed.
Ons span is doelgerig en aanpasbaar, het ’n oog vir detail en wéét van teikendatums. Ons praat reguit, maar hou dit eenvoudig en interessant. Ons is eties, opreg en kreatief. Ons is probleemoplossers wat inligting optimaliseer – inhoud met impak wat teikengehore bereik.
Ons laat jou goed lyk en klink sonder dat dit onopreg oorkom en die kern van die boodskap in die slag bly. Ons bedink elke aspek strategies. Vir ons gaan dit oor substansie eerder as vere en dons.