Kommunikasie kan ’n kopskudstorie wees – hoe maak mens?

Blog > Kommunikasie kan ’n kopskudstorie wees – hoe maak mens?

Dis normaal om soggens op pad werk toe te sien hoe bestuurders gebaretaal gebruik as protes teen mede-padgebruikers se slakkepas of ander padsondes. ’n Ander normaal is koerantopskrifte oor die jongste skandaal of alledaagse gerug oor korrupsie. In Suid-Afrika sien ons dit gereeld: Ons verwonder ons, skud ons koppe, drink ’n koppie koffie en gaan aan met ons werk. Steur ons ons dan nie meer daaraan nie?

Kommunikasie in Suid-Afrika (en elders) bly ’n warm patat. Nie net moet ’n mens globale aktuele veldtogte soos #BlackLivesMatter en #MeToo in ag neem nie, maar verskeie kulture en tale ding boonop mee om aandag. En dan is daar ook nog die uitdaging van politieke korrektheid. Hierdie mynvelde kan jy nie sonder duidelike kommunikasie aanpak nie.

Verwarrende faktore

Verskeie faktore beïnvloed die manier waarop ondernemings hulle interne kommunikasie, eksterne bemarking en openbare betrekkinge hanteer. Want die groter prentjie behels ook korrupsie, beurtkrag, ’n wispelturige ekonomie en probleme met dienslewering en basiese dienste soos pos, gesondheid, behuising en sanitasie.

Soos die skrywer, joernalis en politieke kommentator Allister Sparks al in 2012 oor die atmosfeer van ontevredenheid in Suid-Afrika gesê het: ” … daar [is] ’n groot hoeveelheid frustrasie, en woede ook, in ons samelewing … oor die onvervulde beloftes van die oorgang, die onregverdigheid van die flagrante ongelykheid en die gevoel, veral onder die jeug, dat hulle eenvouding nie deel is van die beloofde land nie.”

Sparks was van mening dat hierdie atmosfeer van ontevredenheid die gevolg van hoë verwagtinge is: “… wat ons sien, is iets wat die meeste revolusies deur die geskiedenis in gemeen het – ’n herhalende siklus van ontnugtering, want die verwagtinge van die revolusie kan nooit vinnig genoeg bereik word nie. Verandering is altyd te stadig en die verwagtinge altyd te dringend. Dit neem tyd om ’n ingewikkelde samelewing te verander, net soos dit baie seemyle vat om ’n supertenkskip te draai. Dié wat wag op die vrugte van die stryd, verloor geduld en voel verraai.”

Hoe om kommunikasie in hierdie konteks te hanteer

Interaksies rondom ras, geslag, seksuele oriëntasie, kwalifikasies, sosiale klas en ander warm onderwerpe raak dikwels aggressief en word kanonvoer. Geen ordentlike onderneming wil in die middel vasgevang word nie.

Wat beteken dit vir professionele kommunikasie? Dit moet so duidelik soos daglig wees: presies, beleef en neutraal. Maak seker dat dit wat die luisteraar hoor en dit wat jy sê, dieselfde is. Moenie dat ’n onverskillige woord tot ’n onnodige ontploffing lei nie.

Hou die onderstaande wenke in gedagte:

  • Dink mooi oor wat jy wil sê, veral wanneer dit kom by enige materiaal met jou handelsnaam op wat die publiek dalk kan lees, soos mediavrystellings, artikels of nuusbriewe.
  • Hou politieke kwessies en kultuur in gedagte.
  • Maak seker jou inligting is akkuraat en feitelik. Kan dit verkeerd verstaan word? Kan dit as aanvallend beskou word?
  • Kry regshulp om alle ooreenkomste en kommunikasie op skrif te bevestig. As jy alles volgens die wet doen, kan jou naam moeiliker deur die modder gesleep word.

Kundige hulp

As jy kundige hulp nodig het vir jou kommunikasiemateriaal, beeldbemarking en openbare betrekkinge, kontak ons vandag nog by Lemonade Hub.

Ingedeel by

Vernita

JONGSTE PLASINGS

Power_of_planning-opt

Die verskil wat doeltreffende beplanning (kan) maak

Duidelike en haalbare doelwitte is noodsaaklik vir sukses, hetsy in ’n persoonlike of sakekonteks. Hoe sal jy anders weet in...
Awesome

’n A+ vir daai bal wat terugwip

’n Lékker (soos in vol en vervullende) lewe hang af van drie dinge – houding (jy kan jou reaksie kies),...
tablet-626090_1280

Werk jou webwerf steeds nie op tablette en slimfone nie?

Jou webwerf praat dikwels namens jou onderneming – dis die gesig by die deur wat kliënte verwelkom en die gesprek...
communication consultancy that specialises in content strategies, copywriting and information design

Hoe om geloofwaardige stories oor jou onderneming te vertel – en waarom jy moet

’n Goeie storie gryp ’n mens se verbeelding aan en praat met jou emosies. Dit kan sensasie opwek of lojaliteit...
communication consultancy that specialises in content strategies, copywriting and editing, information design, as well as connection training

Op hete kole is goed vir ’n tjoppie, maar nie so goed vir sakebesluite nie

Wat kan Braaidag ons leer oor produkposisionering? In Suid-Afrika vier ons op 24 September ons land se unieke kulturele diversiteit....

Maak Kontak

WhatsApp us
+27 82 824 8440

Volg ons op