Dis ’n wêreld met minder kontak en meer afstand.
Dis vol inligting – soms akkuraat, dikwels vals en verdraaid.
Daar’s onbekende paaie, maar dit word vinnig uitgetrap tot ’n nuwe standaard. En dis op dié inligtingsnelweg waar ondernemings toenemend hulle ding sal moet doen.
Beplanning via selfone en skerms.
Vergaderings met ’n app.
Verkope deur ’n muisklik.
Dis ’n virtuele markplein. Maar dis vol werklike mense op soek na resultate, betekenis en rigting.
Om dit suksesvol te navigeer en ook jou span te bemagtig, het jy ’n groep kreatiewe kommunikasiekundiges nodig om saam met jou die golf van verandering te ry.
Lemonade Hub is ’n ervare span met die nodige bedryfskennis, aanpasbaarheid en vindingrykheid om boodskappe wat saak maak te skep en om veranderde gedrag in ’n veranderende wêreld te fasiliteer.
Ons verpak wat ons kliënte wil sê. Ons oorweeg verskillende opsies en hoeke. Ons skep inhoud wat werklik met jou teikengehoor praat.
Die Lemonade Hub-span deel graag ons nuwe voorkoms en webwerf met jou. Dit illustreer ons benadering en filosofie vir die pad vorentoe.
Ons kommunikasie- en opleidingsmateriaal gee kliënte ’n hupstoot in ’n speelveld wat voortdurend verander. Gryp die kans en kontak ons.