Wat ons SKEP

Ons help ons kliënte om die regte gehoor in die regte formaat via die regte platform te bereik. Ons doen dit deur treffende visuele en intellektueel stimulerende inhoud vir digitale en drukplatforms te skep. Of dit nou kommersiële, opvoedkundige of tegniese inhoud is, ons maak seker dit práát met die teikengehoor.

 Ons gee ook vaardigheidsopleiding en skep kursusmateriaal wat bande bou, soos leierskap, spanbou, welstand, kommunikasie en sosiale bemarking.

Communication Tools

Aanlyn, elektroniese en gedrukte kommunikasiemiddele

Wanneer die beeldbemarking-, inhoud- en kommunikasiestrategieë in plek is, is hulpmiddele en produkte nodig om die boodskap uit te dra. Ons help ondernemings en organisasies om duidelike, geteikende en treffende kommunikasie vir digitale en gedrukte formate te skep.

  • brosjures en nuusbriewe
  • toesprake en aanbiedings
  • verslae en jaarverslae
  • mediavrystellings
  • kalenders
  • infografika
  • plasings op sosiale media
  • webinhoud
  • artikels en blogs
  • teksontwikkeling en opleidingsmateriaal
Skills Training

Vaardigheidsopleiding

Min dinge is so verrykend as om mense met nuwe vaardighede, insig, hulpmiddele en kennis toe te rus. Ons bemagtig kliënte se spanlede met opleiding in leierskap en spanvaardighede. Ons bied ook opleiding wat bande bou en versterk: van wenke en hulpmiddele vir sosiale media tot gendersensitiwiteit en eenvoudige skryftaal.

  • gefasiliteerde opleiding
  • ervaringsleerwerksessies
  • pasgemaakte kursusse
  • aanvullende materiaal en hulpmiddele
  • opvoedkundige en industriële teater
Branding and Visual Media

Beeldbemarking en visuele media

Mense soek professionaliteit. Visuele konsekwentheid. ’n Treffende voorkoms wat prikkel en vertroue kweek. Hulle wil sien voordat hulle lees. Hulle sal luister as dit wat ’n mens sê interessant, kort en relevant is. Hulle hou daarvan om te kyk. Ons maak seker dat hulle dit wel doen.

  • beeldbemarkingselemente
  • aanbiedings
  • korporatiewe identiteitsontwikkeling en skryfbehoeftepakkette
  • fotografie en videografie
  • korporatiewe geskenke en DVD's
Lemonade Hub Icon

Lemonade Hub se span kombineer aandag aan detail met die gawe om stories te vertel. Of dit nou ’n video, advertensie, e-boodskap of brosjure is, ons kies die regte woorde, toon, beelde en stories om inhoud wat saak maak te skep.